Buite-egtelike verhouding

Johan skryf: “”Ek het vir 2 jaar nie seks met my vrou gehad nie sy het ys koud geword. Ek het dit so aanvaar en maar my self gehelp, ek is 55jr. Nou het daar ‘n ding gebeur met die bure se dogter, sy is so 19 jr. Sy het eendag aan die deur geklop terwyl ek in die stort besig was, ek het toe die handdoek om my gedraai om te sien wie dit is. Sy het haar linkerknieg stukkend geval en het hulp gesoek. Sy het kom sit en ek haar knieg gedokter. Toe ek opstaan het die handdoek afgeval, teen die tyd was my ding al effens styf, ek wou toe die handoek optel maar sy het gekeer. Nou ja, dit het gebeur dat ons seks gehad het. Nou wil ek weet of ek my vrou daarvan moet vertel? Ek kon dit net nie weerstaan aangesien ek so lank sonder seks was.

Antwoord: Daar is nie ‘n standaard antwoord hierop nie. Ek kan wel een of twee goed noem wat jy in berekening moet neem wanneer jy hierdie besluit neem. Dit is so dat daar ‘n risiko aan verbonde is en dat jou verhouding met jou vrou finaal sal skipbreuk ry wanneer jy haar vertel, maar daar is ook die risiko dat die waarheid iewers sal uitkom. Sulke geheime binne ‘n huwelik is nooit goed nie. Onder sulke omstandighede raak leuens gewoonlik ‘n gewoonte en dit plaas druk op enige verhouding. So daar gaan probleme wees, al vertel jy haar nie.
Indien jy bereid is om te werk aan die verhouding met jou vrou en gereed is vir die drama wat volg na so ‘n onthulling kan jy dit maar ernstig oorweeg. Sorg net dat jy voorbereid is.

——————————————————————————–

Deur Hel skryf:
Dit is eintlik ‘n lang storie. Ek vir 2 en ‘n half jaar al ‘n buite-egtelike verhouding met ‘n getroude vrou. Ek is 27 jaar en getroud en het ‘n kind. Sy 33 jaar, gertoud met twee kinders. Ons werk saam en het so ontmoet. Dit is retig my soul-mate en ek is regtig baie lief vir haar. Sy is regtig die vrou wat ek my lewe mee wil deel. Sy verstaan ‘n man en ‘n man se behoeftes. Ek sal regtig my lewe gee vir die vrou en sy weet dit ook. Ons kan baie lekker gesels en vir ure in mekaar se teenwoordigheid wees. Ons altwee is lief vir mekaar en ek is bereid om my huwelik op te gee vir haar, maar haar kinders is al in die skool en sy wil hulle nie deur die hel van egskeiding sit nie. Haar kinders is, soos enige ma, haar lewe, maar ek weet ook dat sy by my wil wees. Haar man doen nie moeite vir haar nie en dink net aan homself, waar ek haar op my hande dra en haar soos ‘n prinses laat voel. Ek dink soms oordoen ek dit met blomme en teddiebeertjies en etes. Dit voel soms of sy haar brood aan alby kante gebotter wil hê. Ons het al baie baklei en deur die moelikhede ‘n middeweg gevind wat so 75% werk. Ek is baie jaloers en dit is miskien my grootste fout, as ek aan haar en haar man saam dink wil ek mal word en moord pleeg. My huwelik is dood en daar is niks meer te redde nie, moet ek altwee los en iemand kry wat bereid is om vir my te doen wat ek vir haar sal doen?

Ben:
Ek kan nie help om te wonder of sy werklik soveel vir jou voel soos wat jy wil hê nie. Ek het julle nog nooit ontmoet nie en dis moeilik om ‘n mening te gee, maar jy laat dit tog deurskemer dat jy wonder oor haar. Ek is nie so seker of sy sommer haar man gaan los vir jou nie. Dit gebeur nie altyd nie, daar is baie vrouens wat jou dit kan vertel.

Is jy nie ook onregverdig teenoor jou vrou nie. Ek weet niks van julle twee se verhouding nie, maar hoe gaan sy voel as sy hiervan uitvind? Hou jy haar nie ook aan ‘n lyntjie nie?

Die beste ding om te doen is gewoonlik die regte ding. En baie mense is lafaards as dit kom by die regte ding doen. Indien jy ongelukkig is binne jou huwelik moet jou vrou dit hoor en indien julle voel julle kan dit nie (met hulp) beredder nie moet julle daaraan dink om nuut te begin op julle eie. Dan kan jy begin dink aan nuwe verhoudings.

——————————————————————————–

S**** skryf:
Help, my man het my gelos vir 19 jarige, hy sê hy het my nie gelos vir haar nie maar vir homself. Maar daar gelaat hy het nou teruggekom platsak sonder werk ens. en sê hy het my lief maar ek weet nie so mooi nie. Ek kan hom nie meer vertrou nie en my daaglikse bestaan is verwyte wat ek hom toesnou. Seks is ook nie goed nie, want volgens hom is hy impotent en ons moet eksperimenteer maar hy is altyd besig teen die tyd dat ek bed toe gaan of hy lê en TV kyk dan raak ek aan die slaap.

Ben:
Aan die einde van die dag is dit heel eenvoudig, hoewel nie so eenvoudig om tot die stap oor te gaan nie. Indien jy eerlikwaar in jou hart weet jy wil die res van jou lewe met hierdie man deurbring, dan sal julle aandag moet gee aan hierdie probleem. Ek sou voorstel julle gaan vir professionele berading.

Dit wat jy my vertel laat my twyfel oor die man se motiewe nie. Indien jy ook twyfel sou ek voorstel jy sê vir hom totsiens. Dis moeilik, maar soms is dit nodig.

——————————————————————————–

Anoniem:
Ek hoop jy kan my help. Ek het al vir die afgelope +/- 5 maande ´n “affair” met ´n getroude man. Ja ek weet dit is verkeerd maar dit het net gebeur. My probleem is dat dit begin lyk of hy my “ignore” of miskien net aan beweeg het na die volgende een. My kop sê dit is beter so maar my hart sê ek wil hom nie verloor nie. Dis nie dat ek wil hê hy moet sy vrou los nie dis net dat ek wil hê ek moet die enigste tweede vrou in sy lewe moet wees. Ek weet dit klink miskien ´n bietjie deurmekaar. Ek hoop jy kan my help ek weet nie wat on te doen nie?

Ben:
Hel meisie,
dit is nou ´n storie en ´n half. Klink of jy baie lief is vir die man. Dit maak dit soveel meer moeilik om my mening met jou te deel.

Jy slaan bes moontlik die spyker op die kop as jy sê jy dink hy begin jou ignoreer. Die opwinding is nou vir hom verby! Hy gaan dalk iewers anders vir hom ´n tweede vrou kry of hy het besluit hy hou eerder by sy vrou.

Die beste raad gaan die moeilikste wees om te volg: los hom! Ek gaan nog ´n ou sêding na jou kant toe gooi: Daar is baie vis in die see! Ek weet jy wil dit nie hoor nie, maar iemand met soveel passie, dat sy die rol van tweede vrou duld, hoort tuis in ´n goeie monogame verhouding waar sy waardeer kan word.

Indien jy voel jy het ondersteuning nodig sal ek voorstel jy gaan spreek ´n sielkundige.

Ek hoop van harte jy kom reg.

Sluit aan by die Gesprek

7 Kommentare

  1. Ek is al lank getroud, my vrou was nog altyd redelik kil teenoor seks, ek het haar nog nooit verneek nie. Ek het gemastubeer en dis vir etlike jare nou, ek dink ek kry seks by haar so 3 keer n jaar, dis maar moeilik, ek het omtrent alles uit die boeke probeer,A tot Z.sy bly so, ek is raadop en wil net voel hoe dit nou is om spontaan lekker sex met n vroue te he. Mastubeer nog steeds.

  2. Dis n moeilike saak. Miskien moet jy haar vra om te gaan vir hulp iewers, of haar vra hoe sy dink jy jou behoefte aan n vrou moet bevredig.

  3. Ek het n baie hoe seks dryf maar my vrou is en was nog al die jare baie konserwatief.
    Wat dit nog erger maak is dat sy van n sexy vrou nou tot heeltemal oorgewig is.
    Ek voel meer jammer vir haar as wat ek haar liefhet want sy doen dit nie meer vir my.
    Ek masturbeer 4 tot 7 keer n dag om my seks dryf te beheer.
    Ek het dit al selfs oorweeg om met die bediende n seks verhouding aan te knoop want n mens mis die aanraking.
    Ek het nou n vrou ontmoet wat dieselfde probleem met haar man het. Haar voorstel was dat ons mekaar moet uithelp.
    Die vraag is hoe hanteer jy die emosionele kant daarvan.Gaan ons skuldig voel teenoor ons maats nadat ons die seksuele kant bevredig het. Ek en sy gym albei en lyk baie goed vir ons ouderdom.Wat daarvan as ons verlief raak op mekaar.
    Ons het n afspraak gemaak om vir die eerste keer bymekaar te kom. Ek is baie opgewonde maar ook baie bang. Ek het nog nooit iemand anders gepenetreer behalwe my vrou nie.
    Hoe hanteer n mens so n situasie en verhouding sonder emosies. Ek weet die seks gaan fantasties wees want sy is baie sexy en goed gebou.

  4. EK het simpatie met jou, maar sulke verhoudings eindig selde goed. Dryf die ding met jou vrou na 'n punt toe. As mens in n slegte verhouding is moet jy dinge oplos of daar uit.

  5. Prokureursvrou het verhouding met my skoonseun. Wat kan ons doen want sy het regskennis en gaan dit gebruik. Daar is tweeling van 5 jaar. Wat is die kans dat my dogter wel die kids kan behou. Kan mens haar aankla by Prokureursorde

Lewer kommentaar

Leave a Reply