Zanne & Kathleen

Zanne Stapelberg en Kathleen Tagg se Spieël Speel sluit aan by die luisterryke musiek-en-liriekbeweging met aandag aan gehalte en vernuwende werk.

Dis ‘n jonger geslag van gehaltemusic met dieselfde geesdrif en werkvermoë as diegene wat die Afrikaanse kunslied op langspeelplate verewig het. Vir Stapelberg en Tagg is die liedere in Spieël Speel werke waarin hulle hul aansienlike musikaliteit, geesdrif en verhoogtalente verenig.

Die resultaat is ‘n persoonlike, musikale blik van twee Suid-Afrikaners se ervaring van wat die vir hulle beteken om Afrikaans te wees. Uit hul stories en komposisies deel hulle met gehore ‘n opwindende nuwe blik op hul gedeelde musiek- en taalidentiteit en beoog om dit ook internasionaal met gehore te deel.Om aan ‘n taal hulde te bring weet Stapelberg en Tagg jy moet ‘n toekoms vir nuwe en gevestigde werke daar stel. Dit doen hierdie vars en omvangryke produksie by uitstek met lirieke wat nog nêrens elders tevore opgeneem is nie en met musiek wat spesiaal vir Spieël Speel gekomponeer is.

11 Desember 2013
Oude Libertas Amfiteater, Stellenbosch
Prys/Price: R130/R150
Tyd/Time: 20h15
Duur/Duration: 90 min
Interval: 20 min
Tourist friendly / Toeriste vriendelik
Lawn / Gras: R50 Adults/ R10 children U/12

Lewer kommentaar

Leave a Reply