Hallo Ben,
Ek en my meisie gaan nou al vyf jaar uit maar ek is smoor verlief op haar niggie. Haar niggie laat my so goed voel dat ek haar net nie kan uitlos nie. Ons kom baie goed oor die weg en my meisie weet dat haar niggie ´n ogie op my het. Ons het al amper een keer seksueel betrokke geraak maar iets het skeef geloop. Ek kan haar net nie uit my kop uit kry nie en ek is sterk verlief op haar. Ek wil graag met haar gemeenskap hê en ek weet dat as ons dit een keer doen dan wil sy dit aanmekaar doen. U moet my asb. bedien met raad omdat ek nie weet wat om te doen nie; en ek wil ook nie my meisie verloor nie omdat ek haar baie lief het. Help asb.
– Raadop
Ben:
Indien jy 110% seker is van jou saak moet jy jou verhouding met jou meisie beëindig. Jy kan ongelukkig nie jou brood aan albei kante gebotter hê nie.
Doen die eervolle ding en vertel haar hoe jy oor haar niggie voel, voor jy begin toenadering soek by haar familielid. Dis so eenvoudig soos dit!
Voorspoed en onthou daai kondome!

Ek wil graag annoniem bly. Ek weet nie wat om te doen nie ek is baie deurmekaar ek is al 8jaar getroud en is lief vir my man. Ek het toe besigheid begin doen met n anderman waar ek vooraad aankoop vir my besigheid en op n dag besef ek net ek voel iets aan die kom tussen ons 2. Ek het n groot selfbeeld probleem en ook oorgewig ek het 2 pragtige kinders by my man ons jongste ene is 7mnde oud. Die ander man is ook getroud. Ons het begin meer kontak maak op bbm en so ons gevoelens sterker begin word. Die volgende keur wat ek hom weer gesien het het hy ma druki gegee en n soen en die 1 ding het gely na die ander ding. Dit was vir my so lekker om spesiaal te voel weer ons probeer mekaar elke week te sien. Ek kan nie ophou aan hom dink ni en dink ek word lief vir hom ek voel oor hom soos ek nognooit oor my man gevoel het nie. As ek en my man gemeenskap het dan dink ek aan die ander man. Als wat ek doen wil ek vir die ander man doen wil saam hom weg gaan vir n naweek en hom net pamperlang. Ek weet nie wat om te maak nie. Kan jy my dalk help asb. My kop se ek moet als stop maar my hart se nee. Ek het hom al gevra wat ons moet doen en hy se dit lekker om my te sien. Help asb.
Jy moet versigtig wees. Daar is verliefdheid, dit is alles net maanskyn en rose en 'n heerlike gevoel, en dan is daar ware liefde, wat werk kos, maar oor die lang termyn pragtig is. Jy noem nie of die man getroud is nie. Op die stadium is alles vir hom lekker, sonder enige verantwoordelikheid. Vra jouself hoekom jou kop besluit het dis verkeerd.