Vrae oor verhoudings

Gunther skryf:
“Ek gaan binnekort ´n meisie besoek. Sover het ons nog net gesels oor die internet en oor die telefoon en foto´s uitgeruil nou wil ek weet hoe kan ek maak om haar te nader sonder om haar te verloor. Ek sal haar graag my lewensmaat wil maak en ek hoop ek kan haar oortuig dat ek haar lief het en niemand anders nie. Help my!”
Ben:
Dis baie eenvoudig. Sê vir haar hoe jy voel.
Die Springbokke verloor gereeld wedstryde wat hulle sou wen as hulle net by die basiese riglyne van die spel gehou het. Verhoudings is baie keer dieselfde. Die platform van enige verhouding is goeie kommunikasie. Wees eerlik oor jou gevoelens.
Tog dink ek jy moet die dame van nader leer ken voor jy die finale besluit neem oor of sy jou lewensmaat is.


Ek en my meisie

Ekke skryf:
“Hello Ben,
Eerstens dankie vir die diens wat jy lewer. Dis verby bakgat en help my om nie in die selfde slaggate te val as party van die mense wat hulle probleme deel op die seksblad nie. My probleem is ietwat snaaks want ek het nog net vroumense hoor kla oor wat ek nou deurgaan.”
“Ek is 22 en my beter helfte is nou 18. Dinge loop so dat ek en my verloofde nou al ´n jaar saam is. Van die begin af was ons altyd baie vryerig en het altyd aan mekaar geklou soos new born lovers. Die probleem nou is dat my verloofde nie meer so is nie. Ek soen haar en hou haar die heeltyd vas maar daar word nie baie terug gedoen nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het meer testosteroon in my lyf as Brock Lesner en is 86kg van vleis met bitter min vet. Ek gym en buig ysters soos min mans en staan nie af vir iemand 3 keer groter as ek nie. Ek is in geen normale sense wat mens ´n pissie sal noem nie, maar ek benodig ook darem bietjie liefde om deur die lewe te kom. Ek weet nie of dit verkeerd is nie, ek lees vreeslik baie oor seks en verhoudings om dinge beter te maak, want ek glo as mens nie kry wat jy nodig het nie gaan jy dit op ´n ander plek soek en ek wil haar nie verloor nie, want ek glo ek het my deksel gekry. Ons sekslewe is gesond, maar ek maak vinniger klaar as sy en daarom voel ek altyd of sy nie dit altyd ten volle geniet nie. Ek het al vrede gemaak het met my “in bed” probleem en ek het besluit ek doen dan my beste om haar al die liefde te gee wat ek kan en sal vir haar altyd ´n klein ietsie te koop. Nou sien, gewoonlik smag meisies vir aandag en om vasgehou te word en sulke goed en kla gewoonlik dat mans onsensitief is. In die geval blyk dit my dis presies die teenoorgestelde. Ek wil net vir meneer vra wat ek kan doen en hoe ek kan maak om die vuur terug in my lief se hart te kry.”
“Dankie baie.”
Ben:
Eerstens moet ek noem dat daar maniere is om oor jou probleem in die bed te kom. Lees wat ek geskryf het by Ek kom te gou.
Die oplossing vir jou probleem is as volg:
Maak jou lief sit in ´n stoel, gaan sit voor haar, kyk in haar oë en vertel haar wat jy my vertel het en vra haar of sy ´n probleem het, met ander woorde kommunikeer.
Dit is net jou eie skuld as jy haar laat wegkom met ´n antwoord waarmee jy nie tevrede is nie. Met haar “probleem” uit die weg behoort daardie vuur weer terug te wees in julle verhouding.
Izak Ferreira:
Daar is ´n aspek van menswees wat nie jy of Ben na kyk nie, en dit is dat verskillende mense verskillende waarde-sisteme het. “Ek en my meisie” heg ontsettend baie waarde aan emosionele samesyn. Kan dit wees dat die meisie se waarde-sisteem heeltemal verskil? Hoe is sy op die materiële ingestel? Ek meen, wat is vir haar belangriker; om te kan gaan uiteet, of om gekoester te word en te verkoester? Weeg eers julle waarde-sisteme op en kry ´n werkbare middelgrond, voor julle julself verbind tot iets wat later vir albei net op emosionele frustrasies gaan uitloop. Onthou dat nie een se waarde-sisteem verkeerd is nie, maar dat dit dalk onversoenbaar kan wees.


Ben:
Vir Anoniem.
Niemand het ooit gesê verhoudings is maklik nie. Ou hande gaan heel moontlik vir jou sê dat dinge net moeiliker raak hiervandaan.
Mense is geneig om sinies te wees oor langafstandverhoudings, en ook nie sonder rede nie. Indien julle vlam vir mekaar sterk genoeg brand is daar egter altyd ´n moontlikheid dat dit kan werk. In die konteks kan julle moontlik baklei uit frustrasie wat spruit uit julle skeiding.
Ek sou voorstel jy bespreek die kwessie van ander mans met haar. Onthou ook dat ons dinamiese wesens is wat van besluit kan verander soos ons ouer raak, dit is ´n integrale deel van wat ons mens maak.
Die kerkprobleem het die potensiaal om die grootste turksvy in julle verhouding te raak. Die saak moet julle beslis uitpraat voor julle verder gaan. In die verband sal jy dalk ook wil weet dat kinders in meeste sulke gevalle die moeder se geloof aanneem. Praat nou daaroor en spaar ´n groot dam trane in die toekoms.
Jy sal verbaas wees hoeveel van jou probleme julle sal oplos deur bloot eerlik met mekaar te gesels. Kies ´n neutrale omgewing vir so ´n gesprek.

Lewer kommentaar

Leave a Reply