’n Groep navorsers verbonde aan vyf Australiese universiteite het bevind dat vroue onder 40 gewoonlik weet wat hulle in ’n maat soek, terwyl mans meer kieskeurig raak wanneer hulle ouer as 40 is.

Interessante bevindings van die studie wat die aanlyn gedrag van meer as 41 000 mense ondersoek het:
• Vroue is geneig om te sê wat hulle soek in ’n maat.
• Vroue onder 40 is meer kieskeurig as mans van dieselfde ouderdom.
• Vroue wat in die vrugbare stadium van hul lewe is verkies mans met goeie opvoedingsvlakke.
• Mans raak meer kieskeurig as vroue na die ouderdom van 40 jaar.

Die studie is gepubliseer in Psychological Science.

(foto: QUT)

Lewer kommentaar

Leave a Reply