’n Dieretuin in Kaïro loop onder kritiek deur omdat hulle besoekers probeer mislei met ’n geverfde donkie.
’n Student het verlede week ’n foto op Facebook geplaas van die International Garden Municipal Park se dieretuin se vreemde sebra. By nadere ondersoek het dit aan die lig gekom dat die “sebra” ’n geverfde donkie is. Selfs die hare is geknip om soos die van ’n sebra te lyk. Hulle het egter nie rekening gehou met die warm weer van Kaïro nie, wat die verf laat begin loop het.
Ten spyte van die bevestiging van verskeie veeartse dat die “sebra” beslis ’n donkie is, hou die park se direkteur vol dis ’n sebra.
Dis nie die eerste keer dat iemand donkies verf om soos sebras te lyk nie. In 2009 het ’n dieretuin in Gaza twee donkies geverf om soos sebras te lyk, nadat die dieretuin se sebras dood is aan hongersnood.
(via Roekeloos.co.za)

