Navorsing aan die Universiteit van Sydney het getoon dat koeie individuele stemme het in ’n verskeidenheid emosionele situasies.

Koeie praat met mekaar en behou hul individuele stem dwarsdeur die gesprek.

PhD-student Alexandra Green van die School of Life and Environmental Sciences aan die Universiteit van Sydney het vasgestel dat die koeie individuele stemme het in ’n verskeidenheid situasies. Dit help hulle om kontak met die kudde te behou en om opgewondenheid, opwekking, betrokkenheid of benoudheid uit te spreek.

Die slotsom van die navorsing is dat boere kennis van individuele koei-stemme in hul daaglikse boerderypraktyke moet integreer.

Alexandra Green
(foto: Lynne Gardner/University of Sydney)

Lewer kommentaar

Leave a Reply