Almal word oud. Sommiges word onthou. Meeste word vergeet. In Huis Aristea bly daar egter ’n klein
gemeenskap bejaardes wat hul stories wil deel.

Dosyne onderhoude, briewe en opnames is in hierdie eksperimentele verbatimteaterstuk saamgestel en neem
jou op ’n dokumentêre reis deur die lewe, liefde, leed, en die ontnugterende wag op die dood.

Kwesbare fisieke teater, ontwrigtende komposisies en veteraan-akteurs bied ’n eerlike blik op ons bejaardes wat vergete in die gange na die Sonkamer dwaal.

Met: Antoinette Kellermann, Lida Botha, Neels Coetzee, Susanne Beyers, Thandiswa Mrali

André Gerber – Skrywer en regisseur
Anél Joubert – Choreograaf en regisseur
Elana-Marié Snyman – Stel- en kostuumontwerp
David Wolfswinkel – Komposisies Musiek
Vervaardig deur RAMINIDAM

Woordfees 2020

10 MAART 14:30 & 16:30 | 11 MAART 20:30 | 12 MAART 09:30 | 13 MAART 20:00 | 14 MAART 16:00 | 15 MAART 14:30
70 min | Adam Small Ouditorium, Stellenbosch
R150 – R190 | R220 by die deur

Susanne Beyers en Antoinette Kellermann

Lewer kommentaar

Leave a Reply