Red die orangoetang

Die orangoetang is ongelukkig ’n bedreigde spesie. Die grootste oorsaak hiervan is die verlies aan habitat. ’n Nuwe studie het nou onthul dat hul voortbestaan ernstig in gedrang kom as bewaringspogings nie gaan begin fokus op die tipe kos in die nuwe omgewings waar die ape gehuisves word nie.

Navorsers van Rutgers het bevind dat die bevolkingsdigtheid van orangoetangs in hul huidige habitat só toegeneem het dat een aap nou op duisende kalorieë minder moet probeer oorleef elke jaar.

Die orangoetang is inheems aan Indonesië en Maleisië en kom tans slegs voor in die reënwoude van Borneo en die Soematra.

Die orangoetang bevolking kan binne die volgende 10 jaar uitgewis word indien die huidige vernietiging van hul habitat voortgaan. Ontbossing, hoofsaaklik weens die palmolie bedryf, onwettige dierehandel en die doodmaak van volwasse wyfies om die kleintjies te vang in Borneo veroorsaak dat 50% van die ape uitgewis is.

Hierdie harige, oranje-gekleurde ape maak staat op lae-proteïen vrugte om te oorleef en te stoor as vet wanneer voedsel in oorvloed, sodat hulle kan oorleef op hierdie vetreserwes wanneer kos skaars is. Vroulike orangoetangs skenk net net elke sewe tot nege jaar. Reproduktiewe sukses is gekoppel aan die voedingswaarde van orangoetang se dieet.

Vir die orangoetang om te oorleef het ons geskikte habitatte nodig. Dit beteken enige nuwe woude moet versigtig gekies word. Ons moet seker wees die woude is produktief en dat daar genoeg is om te eet.

(foto Alexandra Hofner)

Lewer kommentaar

Leave a Reply