Hierdie gedigte kom uit my hart in ‘n moeilike tyd van my lewe. Ek glo die Here het my in die woestyn ingevat om Hom beter te leer ken en ook sodat ek vir altyd sal weet dat Hy my anker in die lewe is. Ek weet ook nou dat ek tot niks instaat is sonder Sy genade en liefde nie. Ek hoop en glo dat jy ook iets hieruit sal kry om elke dag saam met jou kan dra. Al die eer gaan aan die Here vir hierdie gedigte, ek is maar net Sy instrument.
