Jy dink terug: Aan jou matriek Wiskunde-onderwyseres wat gesê het jy sal moet uithaal en wys in die eksamen want die eksaminator het nie n foto van jou nie, so cute gaan jou nie ver bring nie.
En in jou hart is jy nog 21, maar die ou in die spieel raak dan nou 40?
Na 25 jaar in die industrie, op die vooraand van sy 40ste verjaarsdag, kyk Pedro Kruger terug na die mense en die gebeure wat sy lewe kardinaal verander het.
In die kabaret benut Pedro sy talente as akteur, klavierspeler, liedjieskrywer en sanger ten volle.
16 Maart by Die Boer in Durbanville, Kaartjies: R100. Skakel 021 979 1911 / 083 406 0111.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

