5’4”

‘n Skreeusnaakse solovertoning met Martelize Kolver. Kolver is omtrent 4’9”, maar dit sou nie ‘n lekker titel gewees het nie – toe word sy maar ‘n paar duim langer.

Kolver vertolk ‘n karakter genaamd, ag, kom ons sê maar Maryna. Sy is mal oor lughawens. Sy kan ure lank na vliegtuie kyk terwyl hulle opstyg en land. Sy sit ook graag ure in die Spur en ken al die lughawepersoneel op die naam.

Vandag is ‘n groot dag, want sy is op pad oorsee. Haar tasse is gepak, sy het ‘n spesiale reisbroek aan haar bas en Leaving on a Jet Plane op haar lippe. Ons ontmoet haar vriende, kollegas en natuurlik die lughawepersoneel. Kolver is nogal snaaks en as jy dit nie wil glo nie, kom kyk na die vertoning of vra haar ma! Uit die pen van Leon Kruger, van skeitBANG – en Suurgat-faam, en met Hugo Theart as regisseur.

Première by Aardklop 2006.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar