A Midsummer Nights Dream

Die Akteur-Sentrum skop die Tesson Teater seisoen af met Dorothy Ann Gould se produksie van William Shakespeare se komedie, A Midsummer Nights Dream.

Wat vorm en gevoel betref, is A Midsummer Night’s Dream die mees liriese van al Shakespeare se stukke. Met sy refleksies op drome en die verbeelding, van ‘n maanbeligte woud, romantiese liefde en beelde van ‘n feëwêreld, is dié stuk gelaai met passie. Heelwat skoliere stem ook saam dat Dream bedoel was om troues in aristokratiese huishoudings uit te beeld en te beskryf. Koningin Elizabeth was in alle waarskynlikheid teenwoordig toe die stuk die eerste maal opgevoer was.

Regisseur Dorothy Ann Gould fokus op Shakespeare se liriese en sensuele dialoog en met akteurs soos Bill Flynn in die rol van Bottom, beloof optredes om vars, maar vol opwinding te wees.

 

bydrae: Haydee Hollander

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar