Black and Blue

Die Fortune Cookie Theatre Company bring fisieke teater na die Kaap met die produksie Black and Blue (3-5 Februarie by die Oude Libertas Amfiteater, Stellenbosch).

Mev Swart oorleef ‘n tragedie, maar voer ‘n kluisenaarsbestaan, te bang om haar voordeur oop te maak. Sy bring ure deur in afsondering met tee en ‘n horlosie as enigste geselskap. Eendag is daar ‘n klop aan die deur en haar absurde lewe word omvergegooi deur die verskyning van die tuinier Jackson Siboiboi. Meesterlike fisieke teater deur dieselfde span verantwoordelik vir Baobabs Dont Grow Here. Hulle is Sylvaine Strike, Helen Iskander, Danny Bou Mooi en James Cuningham.

Toneelspel en mimiek word vermeng tot nog ‘n meesterlike aanbieding.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar