King Lear

Familiegevegte, ondankbaarheid, paternalisme, verdeling van bates, liefde, wellus, lojaliteit, verraad, kranksinnigheid, haat en wraak. Klink na net die regte bestanddele vir ‘n sepie of hoe, maar eintlik is al bogenoemde temas teenwoordig in Shakespeare se grootse tragedie, King Lear.

Sy uitbeelding van die ouerwordende koning wat sy koningkryk opgee en nie outoriteit of gesag kan handhaaf nie, bly steeds een van die meer fassinerende en kontemporêre stukke rondom menslike optredes en verhoudings. Lear se ondergang is sy kranksinnigheid, deels veroorsaak deur sy ondankbare dogters en die parallele storie met Gloucester.

Lear bied aan die akteur eindelose moontlikhede om te eksperimenteer met die mees komplekse aspek van menslike verhoudings, naamlik die familie.

David Dennis speel Koning Lear en Kate Normington, Camilla Waldman en Ferry Jele is sy dogters. Greg Melville-Smith vertolk die rol van Kent, met nuwelinge Lerato Moloi en Stuart Williams in die rol van Gloucester se buite-egtelike seun Edmund. Mark Graham is die regisseur.

 

bydrae: Haydee Hollander

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar