Veteraan akteur en regisseur Albert Maritz gesels in hierdie program met bekende akteurs in die teater en televisiewêreld.
Woensdag 26 Junie gesels hy met die baie bekende akteurspaar Wilson Dunster en Elize Cawood. Hier gaan beslis ’n paar geheime oor dié akteurspaar uitgeblaker word. Hierdie beloof om ’n insiggewende onderhoud te wees, want Wilson en Elize is gesoute akteurs wat die teater en filmwêreld goed ken.
Vrydag 28 Junie gesels Albert met Gys de Villiers wat as een van die beste Suid-Afrikaanse akteurs beskou word. Gys de Villiers is ongelooflik veelsydig en kan selfs verskeie musiekinstrumente bespeel. Albert gaan met hom gesels oor sy teaterwerk, sy filmwerk, sy inspirasies en sy produksie Wit manne se wapens wat by Innibos gedebuteer het.
Gaan luister gerus na hierdie onderhoude en leer die mens agter die karakters ken.
Met: Albert Maritz
Wo. 26 Junie 17:00, Vr. 28 Junie 13:00