Tom Waits For No Man

Die kunsuitstalling, Tom Waits For No Man, met werke van meer as 100 Suid-Afrikaanse kunstenaars is van 8 tot 29 Mei by die kunsgalery van die Universiteit van Johannesburg. Die uitstalling bring hulde aan die legendariese Tom Waits.

Tom Waits, sanger, liedjieskrywer, komponis, akteur en ‘n groot inspirasie vir kunstenaars, musici, digters, skrywers en denkers vir meer as vier dekades.

Dit was met die uitreik van sy eerste album, Closing Time, in 1973 dat Tom Waits ‘n geliefde persona van die kunswêreld geword het. ‘n Plek in die Rock & Roll Hall of Fame en 24 albums later is hy nog net so geliefd.

Die kurator van die uitstalling, Gordon Froud, het kunstenaars opdrag gegee om ‘n ou langspeelplaat as basis vir hul werke te gebruik. Die tema moes ‘n verwysing wees uit die lewe en lirieke van Tom Waits. Verder kon hulle doen wat hulle wou.

Die uitstalling verskuif in Junie na die Grande Provence Wynlandgoed tydens die Franschhoekse Letterkundefees, waarna dit na die Johannes Stegmann Galery in Bloemfontein skuif vir die maand van September.

werk van Helena Hugo
werk van Helena Hugo
werk van Steven Bosch
werk van Steven Bosch
werk van Carl Jeppe
werk van Carl Jeppe
werk van Avi Sooful
werk van Avi Sooful
werk van Sybrand Wiechers
werk van Sybrand Wiechers

Lewer kommentaar

Leave a Reply