
Alla Nazimova (1879 – 1945) was ’n Russiese aktrise. Sy was een van Broadway se grootste sterre in haar tyd, sodanig dat ’n teater na haar vernoem is.
Na haar debuut op die silwerdoek het sy betrokke geraak by die vervaardiging van films en nuwe tegnieke in die filmkuns ontwikkel. Haar beste werk sluit in A Doll’s House (1922) en Salomé (1923).
