In 1695 het Laurens Campher en sy vrou, Ansela, die eerste eienaars van die Stellenbosse plaas, De Driesprong, geword. Ansela se naam leef voort in die wynlandgoed (vandag bekend as Muratie) se topwyn. Hul stamboomtakke loop dik en wyd oor SA. Maar haar aangrypende lewensverhaal begin beskeie … as “Ansela van de Caab, een slavin van de compagne”.
Die toneelstuk volg haar lewe van kompanjieslavin tot boerin.
“Slawe kos minder om aan te hou as diere, my kind, en dan kan hy nog dink en doen soos sy baas ook.”
Met: Euodia Samson, Nicole Holm, Charlton-Lee George, Jan-Hendrik Opperman, Liande Valentyn en Abbe-Gail Crail.
Teks: Esther von Waltsleben
Regie: Esther von Waltsleben
Cultivaria 2009
24 Sept 17h00
Ouerbegeleiding
Paarl Mall Ouditorium (Gimnasium Hoërskool)
65min, R110

Lewer kommentaar