Ashes

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

In ´n rokerige cigar club in Kuba, of dalk in Clocolan, sit ´n vrou met ´n verlede en suig langsaam haar longe vol weëmoed. Oor baie dinge, maar veral oor die oggend toe haar ma die aarde met twee linkerskoene verlaat het. Musiek uit die pen van Anna Davel en ander, deurweek met ritmes uit Oos-Afrika, Kuba en Suid-Amerika.

Sandra Prinsloo is nie net ´n teater legende nie, maar ook iemand wat haarself inspan om teatergehore oral te verryk met bydraes in drama, kabaret, musiekteater, televisie en industriële teater; Susters van Eva, Mannetjies Mentz, Sandra op ´n drafstap, Siener van die Suburbs, om maar net ´n paar bekende produksies op te noem. Ashes is onder haar kreatiewe en bekwame regisseursoog geslyp met ´n kenmerkende stempel van styl wat eie is aan die diva van Suid Afrikaanse teater.

Nataniël het meer talente as wat enige mens voor kans sien, en hy gebruik almal. Sanger, storieverteller, skrywer, televisie-aanbieder, musikant, en uithaler kok. Sy leefstyl produkte, Kaalkop, pryk landwyd op winkelrakke, so ook sy cd´s, boeke en linneware. ´n Storie vol donker geheime, duistere agendas, wellus en vergifnis, soos net hy kan, om Ashes ´n onvergeetlike reis te maak.

Ashes is ´n soloproduksie, waarvan Davel ook verantwoordelik is vir die oorspronklike musiek, die samestelling en die vervaardiging. Haar 2de CD Gypsy is genomineer vir nie minder nie as 7 Geraas Toekennings! Verder het sy ook ´n Vita toekenning ontvang vir Beste Nuwe Kunstenaar 2002, sowel as ´n Sama nominasie vir haar vorige album Te Diep. Ashes is haar 6de produksie, en met ´n fenominale span soos hierdie is daar verseker ´n ligte aardskudding oppad deur die Klein Karoo.

Lewer kommentaar

Leave a Reply