Aspoestertjie

‘n Splinternuwe weergawe van die geliefde sprokie, Aspoestertjie, word hierdie jaar deur die US Drama Departement op die planke gebring.

Die oorsponklike teks deur Louis Pretorius beloof vele verassings, onder andere twee onnutsige diewe, Giel en Gaffie, wat die lewe vir Prins Fritz en Bella (Aspoestertjie) so bietjie moeilik maak. Kom ontmoet ook vir Gabriël, die prins se lyfkneg, Brumilda, Aspoestertjie se berugte stiefma en Mildred en Ester, haar ewe berugte stiefsusters.

Nog interessante karakters sluit in Koningin Johanna – wat haar seun se lewe probeer reël – en Koning Frederik II – wat vreeslik graag ‘n pensionaris wil wees. Die goeie fee se vakleerling, Tienkie, kry boonop ook haar eerste kans om haar towerstaffie te swaai …!

Frieda van den Heever sorg vir lekker saam-sing liedjies en met ‘n geselskap van 33 senior studente, is Aspoestertjie beslis ‘n belewenis wat nie misgeloop behoort te word nie!

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar