‘n Genot vir die liefhebbers van ware klassieke ballet, met hoogepunte uit klassieke werke , insluitend die gewilde Les Sylphides en Le Corsaire pas de deux, en uittreksesl uit Sheherazade, Flower Festival at Genzano en La Bayadere.
Die program is ontwerp om die 75 jaar oue geselskap se talent ten toon te stel ten einde sy oorlewing tot diep in die eeu te verseker.
Kaartjies wissel van R80 tot R120 by die Kunstekaap Teater in Kaapstad.
Sien ons dagboek vir meer besonderhede.
