Nine

Nine
Roekeloos

Hoe moet ons na Nine kyk? Ten spyte van goeie stilering wil dit voorkom asof regisseur Rob Marshall nie goed genoeg hieroor besin het nie.

Nine is gebaseer op ‘n musiekblyspel wat weer baseer is op Federico Fellini se rolprent . Die musiekblyspel vertel die storie van ’n Italiaanse regisseur (Daniel Day-Lewis) wie hulpeloos toekyk hoe daar met werk aan sy jongste rolprent begin word. Hy het egter nog nie ’n draaiboek nie, selfs nie eens ’n idee nie. Intussen is sy huwelik ook op die rotse en hy worstel met al die vrouens in sy lewe.

Die kinematografie en choreografie is baie goed, die kostuums mooi, die musiek is ligte vermaak en die vertolkings wissel van aanvaarbaar tot Oscar-kwaliteit. Die eindresultaat laat egter veel te wense oor. As ’n eenheid is die film slegs ’n aanmekaarflansing van mooi tonele.

Daniel Day-Lewis is ‘n sterk figuur in die film, maar miskien te ernstig vir die vereistes van dié rol. Penélope Cruz is op haar beste in haar rol, selfs beter as in Vicky Cristina Barcelona, maar wat my betref moes Judi Dench ook ‘n Oscar-benoeming gekry het vir haar vertolking – die beste van die film.

Dit is beslis die moeite werd om hierdie film te sien. Dit het pragtige tonele met ’n paar goeie vertolkings en musiek wat jy môre weer sal vergeet.

Regisseur: Rob Marshall

Nine
Nine
Met: Kate Hudson, Nicole Kidman, Daniel Day-Lewis, Marion Cotillard, Penélope Cruz, Judi Dench & Sophia Loren.

3 / 5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar