B!#ch Stole My Doek

Die jong Durbaniet Shona Johnson is in die hoofrol van Clinton Marius se nuwe komedie; B!#ch Stole My Doek.

Marius het hierdie komedie vir volwassenes geskryf en is die regisseur. Dit speel af in Wentworth en is ’n bekgeveg tussen twee vroue oor ’n stuk wasgoed wat weggeraak het. Die irrasionele histerie in die mees kleurvolle taal denkbaar.

B!#ch Stole My Doek begin op 10 Desember by die Catalina-teater in Durban en duur tot 21 Desember. Woensdae tot Saterdae om 19h30 en Sondae om 14h30. Kaartjies is R100 en kan bespreek word by Computicket.

Shona Johnson
Shona Johnson

(foto Val Adamson)

Lewer kommentaar

Leave a Reply