‘n Koppige ou wewenaar wat sy seuns afgesweer en verlaat het, keer onverwags terug na sy plaas met ‘n nuwe, heelwat jonger bruid. Sy jongste seun kan die nuweling aanvanklik nie verdra nie, maar mettertyd omvorm haat in wellus en dit dryf die reeds versuurde verhouding tussen pa en seun op die spits.
Jaloesie, hebsug, verraad en passie spoel met die intensiteit van ‘n koorsdroom oor die rustige landelikheid en hartstogtelike nagte – met tragiese gevolge.
Die stuk word as een van die grootste teatertekste van die vorige eeu beskou. O’Neill is in 1936 met die Nobelprys vir letterkunde vereer.
Met Marius Weyers, Anna-Mart van der Merwe en Jan Ellis
