Beloofde Land / Promised Land
Wie kan die skokfoto van ’n verdrinkte Siriese baba uitgespoel op ’n Griekse strand in 2015 vergeet? Die wêreld is geruk deur die verknorsing van vlugtelinge en
ontworteldes wêreldwyd, ’n dilemma skynbaar sonder oplossing. Twee jaar later is daar steeds ekstremisme, oorlog, armoede en nood terwyl mense steeds die oseane aandurf op soek na hul beloofde
land.

The Loft Puppet Company saam met The Abonwabisi Brothers en die Londense regisseur Oliver James Hymans, self ’n bedrewe poppemeester, vertel die aangrypende storie van ’n jong seun op pad deur dié ongenaakbare wêreld.

’n Multidimensionele musiekproduksie met poppeteater, animasie en koorsang.

Agter die masker van ’n nar skuil die gesig van menslikheid en hoop.

* Debuut *

Met: Talita Beyl (musiek), Elisha Zeeman, Marelize Viljoen, Anoecha Krüger (poppemeesters), The Abonwabisi Brothers (koor en poppemeesters) en Andrico Goosen (as Juno Florensis)

Regisseur: Oliver James Hymans

Teks: Louis Roux
Stelontwerp: Andrico Goosen
Beligtingsontwerp en verhoogbestuur: Jako Beyleveld
Kostuums: The Loft Puppet Company
Musiek: Talita Beyl
Animasie: Arno Daiber
Vervaardiger: The Loft Puppet Company

Genre: Poppeteater
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/12
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R60 | R70 by die deur
Plek: Rhenish Girls’ High School, Stellenbosch
Datum: R80 – R140 | R90 – R160 by die deur
Woordfees 2018


Beloofde Land / Promised Land

Beloofde Land / Promised Land


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply