Bie op Steve Hofmeyr

Vanaf 23 tot 30 Junie hou bidorbuy.co.za ‘n Celebrities for Charities-veiling. Die publiek sal kan bie op ‘n kans om tyd te spandeer saam met ‘n bekende persoonlikheid. Daar word verwag dat Steve Hofmeyr ‘n aardige bedraggie vir die veiling sal in. Die opbrengs van die veiling sal aan liefdadigheid geskenk word.

Ander bekende name in die veiling is Edith Venter, Fiona Coyne, Pieter-Dirk Uys, Desmond Tutu, Mike Shussler, Barry Hilton, Basetsana Kumalo, Elana Afrika, DJ Fresh, Nigel Pierce, Patricia de Lille, Oscar Pistorius, Annie Malan, Leanne Manas.

Steve Hofmeyr se aanvangsprys is R1.

ps. Kan iemand 50c las vir Annie Malan?

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar