Die vriendelike stad

Koos is op besoek aan Port Elizabeth toe sy motor gaan staan in die middel van die stad. Hy klim uit en begin in die enjin rondkrap.

Dis nie lank nie of hy hoor ‘n geskarrel aan die agterkant van sy motor. Hy loer by die enjin uit en sien ‘n man wat besig is om alles uit sy bagasieruim te steel.

“Hey!” gil Koos “Wat dink jy doen jy! Dis my kar die!”

“Ha … is OK man,” kom die antwoord “vat jy die voorkant, dan vat ek die agterkant.”


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar