State of Play is ‘n sentimentele huldeblyk aan daardie ou goeters, amper so groot soos ‘n babakombers, wat mens by ‘n winkel gekoop het en as jy dit oopvou kon jy die jongste nuus lees, wat gewoonlik by daai tyd ‘n dag of twee oud was. Mens het dit koerante genoem.
Die storie is nie so eenvoudig soos dit aanvanklik voorkom nie, maar dit is nie te kompleks om gemaklik te volg nie. Alles word juis met opset oorvereenvoudig om jou uit te vang. Russell Crowe, Ben Affleck en Helen Mirren ondersteun die goeie storie met aanvaarbare spel, maar ongelukkig is die finale produk nie na wense nie.
State of Play se groot probleem is dat die regisseur nie genoeg spanning kon skep nie. Spanning is ‘n absolute noodsaaklikheid om hierdie tipe films te laat slaag. Dit maak dit nie ‘n slegte fliek nie, maar jy verlaat die teater met ‘n leë gevoel, so asof jy iets gemis het.
Met: Russell Crowe, Ben Affleck, Rachel McAdams, Helen Mirren, Jason Bateman, Jeff Daniels, Harry Lennix en Robin Wright Penn.
Regisseur: Kevin Macdonald
3 / 5
17 Junie 2009
Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Gaan kyk eerder die oorspronklike BBC-reeks (6 episodes), titel ook “State of play”. UITSTEKEND! Ek wil nie eens die film weergawe sien nie, weet sommer ek gaan erg teleurgesteld wees! Kan dit werklik baie sterk aanbeveel.
Stem saam, die reeks was baie goed. Sal die fliek gaan kyk uit nuuskierigheid.