Die Amerikaners is nie altyd die gewildste mense op die planeet nie, maar soms is dit ‘n lieflike plek om te bly. Neem byvoorbeeld vandag. Hierdie Sondag is dit Naked Hiking Day in die VSA. Dit is die dag waarop aanhangers van die buitelewe sonder ‘n draad klere in die natuur rondloop.
Moet net nie dat die polisie jou sien nie. Die laaste plek waar jy sonder klere wil wees is agter tralies. Gelukkig is meeste polisiemanne van mening dat daar so min kaallopers is dat hulle maar die mense laat begaan. Natuurlik kyk hulle nooit anderpad nie.
