Kontreistories

Trix Pienaar, haar stories oor haar kinderdae in die Swartland het duisende al plesier verskaf.

Kontreistories is gelaai met deernis, hartstog en humor. Dit handel ook oor die kleurryke karakters van Trix se geliefde Swartland … in ‘n taal en aksent so kwistig en geil soos sonryp koring …

As jy moeg is vir die verkeer, die onstellende koerantopskrifte en die gejaagdheid van die lewe, doen jouself ‘n guns en ontspan ‘n aand in die geselskap van Trix Pienaar en haar stories. Daar is geen musiek of danspassies nie, net die skoonheid van die taal, ‘n skat van stories en karakters en ‘n ryk Swartland aksent wat uit Trix se mond soos sonryp koring oor jou vloei.

Die atmosfeer is een van warmte, nostalgie en humor. Daar is geen politiek, geen protes of bitterheid – net ‘n glimlag om jou mond as jy herinner word aan al die goeie dinge in die lewe waarvan jy al vergeet het.

Lewer kommentaar

Leave a Reply