Breek

Breek
Roekeloos
6 Mei


Teebreek, wegbreek … BREEK.

Met al die groen in ons land- tuine, gedagtes, klerekaste en lewens, kom daar altyd iets wat die vrolikheid wil ontneem.

Tien jong opkomende kunstenaars van The Stage Performing Arts School and Theatre fokus op die eenvoudige woord met dieper betekenis: breek.

Die abstrakte uitbeelding van verskillende tipe breke, wat meer aan die ernstige kant afspeel, laat ‘n mens besef dat die menslike oog eintlik met die hart verbind is. Ons maak kennis met die jong liefde wat breek, familiebreek, ouderdom wat ons inhaal, tot ‘n goeie deurbreek en wat jou selfs ‘n traan of twee sal laat pik.

Die produksie, Breek, bestaan uit sang, choreografie en toneelspel, wat gelei word deur Marika van Heerden, Adele Rix en Yolandé Rabé.

So, as jy soms voel jou lewe wil in stukkies breek of iets belangriks ontbreek, breek weg en kom kyk hoe alledaagse gebeure mense rondom jou ook kan breek, met die wete dat jy nie alleen breek nie.

Ou Meulteater, Paarl
10 Mei
20h00
R50

Breek
Breek

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply