Roekeloos
6 Mei
Nicola Elliot se werk kerf ’n unieke nis uit tussen die dissiplines van dans en teater.
Sy gebruik die menslike liggaam om ’n storie te vertel. In Bruising fokus sy op die spanning tussen die interne en eksterne wêrelde in ons individuele opvattings van die liefde.
Met liefde as die hoeksteen van Bruising, besin dit oor die liggaam die primêre bron van ons ervaring en vir wie die werklikheid van die liefde ’n foltering kan wees. Dié werk neem ook die medium van die teater in ag in die uitbeelding van die onderwerp.
Met: Vishanthi Arumugam, Athena Mazarakis, Alan Parker en Jori Snell
Choreografie en regie: Nicola Elliott
Stel- en kostuumontwerp: Illka Louw
Beligting: Wolf Britz
Verhoogbestuurder: Wolf Britz
Assistent-verhoogbestuurder: Anneke van Zyl
Genre: Dans
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Plek: Alec Mullins Hall, Grahamstad
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R65
Datum: 11 Julie 18:00, 12 Julie 14:00 & 18:00 en 13 Julie 14:00 & 18:00
