Crazy in Love is beste internasionale produksie by Amsterdam fees

Crazy in Love is aangewys as die beste internasionale produksie van 2014 se Amsterdam Fringe Festival.

Dié tragi-komedie handel oor ’n pa en dogter se soektog na ’n bruid en moeder. Die stuk is uitgedink en word opgevoer deur Andrew Buckland en Liezl de Kock. Rob Murray is verantwoordelik vir die regie en die ontwerp is deur Jayne Batzofin.

Kaapse gehore kan Crazy in Love by die Cape Town Fringe Festival sien van 25 tot 30 September 2014.

l-r, Anneke Jansen van die fees, Rob Murray, Liezl de Kock, Andrew Buckland en die MC
l-r, Anneke Jansen van die fees, Rob Murray, Liezl de Kock, Andrew Buckland en die MC

Lewer kommentaar

Leave a Reply