Delirium

Bekende teatermaker Ariel Dorfman se Delirium het gister by die Markteater afgeskop.

Dorfman se bekendste toneelstuk, Death and the Maiden, het ‘n filmweergawe waarvan Roman Polanski die regisseur was en Sigourney Weaver en Ben Kingsley die hoofrolle vertolk het.

Delirium fokus op etnisiteit en nasionalisme. Die verhaal speel af ten midde van ‘n oorlog en plaas die absurdheid van oordrewe nasionalisme en sosialisering op die voorgrond.

Die regisseur is Greg Homann en die rolverdeling sluit in David Dennis, Fiona Ramsay en Fezile Mpela.

Die stuk is in die Barney Simon-teater tot die 20ste September, waarna dit by die Hilton Kunstefees sal wees.

Delirium
Delirium

(foto: Ruphin Coudyzer, FPPSA)

Lewer kommentaar

Leave a Reply