“. . . Ek is ’n gesondheidsinspekteur met ’n anderste benadering. Ek is ’n fynproewer wat standaarde probeer verhoog. Ek is ’n aktiveerder van idiome . . . Ek is ’n akteur. ’n Dramaturg. ’n Regisseur . . . Iets agter die skerms.”
’n Boeiende drama oor ’n man wat deur sy vrou verstoot is. Hy neem wraak deur homself voor te gee as die nuwe eienaar van die restaurant wat aan sy vrou se minnaar behoort. Wanneer die regte eienaar opdaag word die bordjies egter verhang. En die ware redes vir dié fynproewer se besoek word soos vuil wasgoed ontbloot.
‘n Splinternuwe skooluitgawe, gemik op Afrikaans Huistaal Graad 10, met ’n volledige leesgids geskryf deur Sonia du Plessis en Hettie van Zyl.
Die aand van die fynproewer is in 1993 vir die Rapportprys benoem.

Die aand van die fynproewer / deur AS van Straten — Human & Rousseau, April 2022; sagteband. — ISBN 9780798179898