Weet voornemende ouers werklik wat om te verwag as hulle verwag?
Of het jy ‘n kroos, en is jy soms bekommerd dat jy ‘n slegte ouer is?
Dan is dié absurde komedie net die opvoering om jou vertroue in eie vermoëns te herstel.
‘n Paartjie kom tuis met hul pasgebore baba, onseker wat die kind se geslag is. Die onbevoegte, maar liefdevolle ouers besluit (verkeerdelik) dis ‘n dogtertjie en noem haar Daisy. Daarna
kan dit nie slegter of snaakser gaan nie.
‘n Klassieke komedie wat die toets van tyd deurstaan het.
* Debuut *
Met: O.a. Lindie Stander en Kaz McFadden
Regisseur: Henry Mylne
Teks: Christopher Durang
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur 45 minute
Kaartjies: R100 – R140 | R120 – R160 by die deur
Plek: HB Thom-ouditorium, Stellenbosch
Datum: 7 Maart 12:30 | 8 Maart 10:00 | 9 Maart 20:00 | 10 Maart 9:30 | 11 Maart 17:30
Woordfees 2018
Die baba met die badwater
Die baba met die badwater
Roekeloos
2.5