‘n Splinternuwe weergawe van die geliefde sprokie, Die Fluitspeler van Hamelin, is tans by die H.B.Thom Teater (Stellenbosch Drama Departement) te sien!

Onder die bekwame leiding van Schalk van der Merwe, (Kanna wenner KKNK 2009 – Die Slapende Skoonheid), sal jonk en oud vermaak word deur al die bekende karakters, sowel as ‘n hele paar nuwes.

Kom ontmoet vir Jacques en Jacqueline, die twee wesies van Hamelin wat onder die selfbehepte Burgermeesteres Brumhilde Breumel en haar twee katte, Kat en Strofes, elke dag die markplein moet skoonmaak. Dit is egter wanneer die nare Fluitspeler en sy gees van die fluit, Fluitie, hul verskyning maak dat Hamelin in die moeilikheid is. As iemand tog maar net na Esme Verkyker geluister het?

Die Fluitspeler van Hamelin se speelvak is vanaf 18-21 April 2011 elke dag om 09:00 en 12:30 te sien. Die geselskap bestaan uit 38 senior dramastudente en beloof om beide oud en jonk te vermaak en dalk ook om ‘n lewensles vir die maats te leer. Uitspattige karakters, musiek wat die tone laat tik en danspassies wat almal sal aanroer, is net ?n druppel in die emmer. Moet dit nie misloop nie!

Teks & Regie: Schalk van der Merwe
Musikale Regie: Grethe van der Merwe
Choreografie: Estelle Olivier
Ontwerp: Wolf Britz

Die Fluitspeler van HamelinVir navrae en besprekings kontak na 14h00: Schalk van der Merwe by: 021 808 3216/071 548 1375 of epos by schalkw@sun.ac.za

Blokbesprekings @ R20 per persoon
Ander: R25 per student & R30 per volwassene

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar