Die Francois Toerien Show – Die Groot 5!

Vergeet van die Leeuloop – kom doen die Koekloop saam met ons! Die Francois Toerien Show het vyf jaar gelede sy oorsprong in Stellenbosch gehad. Dit het ontstaan uit ‘n behoefte om ‘n kultuur van Afrikaanse sketskomedie in die lewe te roep. Ons word geinspireer deur komediereekse soos Smack The Pony, Little Britian, French&Saunders en A Leaugue of Gentlemen. Die humor is somtyds satiries, somtyds slapstick en somtyds net absurd. Die Francois Toerien Show wil vir almal wat voel dat die Afrikaanse komedie aanbod op TV (en die verhoog) nie in hulle smaak val nie ‘n alternatief gee. Wie weet, miskien is ons tipe humor net die ding vir jou toestand!

Ons stel ook ondersoek in na die uitwerking van selfoontorings op die omliggende inwoners en a la Carté Blanche gaan gesels ons met ‘n gesin wat langs ‘n faux palm bly (kompleet met Ruda Landman se stem). Daar is ‘n kykie na talentlose backtrack sangers wat die feeste so vervuil en ons speel rolbal! Dan is daar ook vyf baie alternatiewe liefdesteleurstellings, ‘n bietjie naaktheid en natuurlik ons weergawe van Robbie Wessels se Leeuloop … en ‘n magdom meer!

The Cape Times het die volgende te sê gehad oor die vorige episode van Die Francois Toerien Show: “If laughter is the best medicine then The Francois Toerien Show should be bottled and served generously. Funny feels like too weak a word to describe this experience. This group of young (and not-so-young) actors are so adept at what they do – they get every nuance right.”

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply