Die meermin-kompleks
Robbie is vas oortuig hy is ’n borrel.

Die dorp verdink hom van ’n meermin wees.

Albei is ewe uit plek met die Calvinistiese oortuigings van die verlate kusdorpie, Draadbaai.

Robbie probeer maar net sy plek tussen die grond en see vind, maar sy emosionele reis word onderbreek deur die onheilspellende duikers met hul meerminjagte, sy vader wat hom probeer “regmaak”,
pastoor Ursula se duistere agenda en sy kwynende geestestoestand wat aan ’n boogie board hang.

Die meermin-kompleks is ’n tragikomiese reeks episodes wat die Victoriaanse ideologieë oor die heiligheid van kindwees, sowel as regstellende verkragtings van gays, in ’n Afrikaner-konteks ondersoek.

* Debuut *

Met: Du Toit Albertze

Regie: Wessel Pretorius

Teks: Du Toit Albertze

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/13 jaar
Tydsduur: 20 minute
Kaartjies: R20
Plek: Voor die Absa Burgersentrum, Oudtshoorn
Datum: 29 Maart – 4 April 2018
KKNK 2018


Die meermin-kompleks

Die meermin-kompleks


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar