Moederskap is ’n voltydse werk, maar nou is dit verby. Anna se kinders het grootgeword en het lewens en liefdes van hul eie. Van ure alleen deurbring, begin die wêreld om haar kantel. Het haar man regtig ’n verhouding? Het haar gunstelingseun werklik huis toe gekom? Of het die eensaamheid Anna tot waansin gedryf? Die moeder (oorspronklik The Mother) is ’n boeiende portret van leënessindroom deur die bekroonde dramaturg Florian Zeller, wat ook The Father geskryf het.

Die moeder is vanjaar met drie kykNET Fiëstas bekroon: Beste feesproduksie, Beste regie (Christiaan Olwagen) en Beste spel in ’n hoofrol (Sandra Prinsloo). Dié produksie het ook vyf Woodtrofees-toekennings verower.

MET Sandra Prinsloo, Dawid Minnaar, Ludwig Binge, Ashley de Lange en Charl Folscher TEKS Florian Zeller REGIE EN VERTALING Christiaan Olwagen BELIGTINGSONTWERP Wolf Britz KLANKBAAN Loki Rothman ONTWERP Birrie le Roux PRODUKSIEBESTUURDER Brechmari van Wyk VERVAARDIGER Toyota US Woordfees

6 April 2023, 09:30 7 April 2023, 09:30 8 April 2023, 19:00 9 April 2023, 09:30

KKNK

Johnny Bisschoff-saal, Oudtshoorn

Sandra Prinsloo Die moeder
Sandra Prinsloo

Lewer kommentaar

Leave a Reply