1652

Om 14h30 op 5 April 1652 gewaar die opperstuurman van die Drommedaris Tafelberg. Die volgende dag bly die vloot, wat die Goede Hoop en Reijger insluit, lê langs die kus terwyl ’n sloep die baai verken. Twee uur voor sononder word die baai veilig verklaar en kommandeur Jan van Riebeeck land amptelik in Tafelbaai om ’n verversingspos te stig. Van Riebeeck het nooit fisies aan wal gegaan op 6 April nie, eers op 7 April.

1965

Die eerste kommunikasiesatelliet, Early Bird, word deur die Amerikaners gelanseer.

Early Bird
Early Bird

Lewer kommentaar

Leave a Reply