Die drama Die nag van Legio wat in 1972 die Hertzogprys gewen het, is ’n tydlose drama uit die pen van PG du Plessis.

In die sielkundige riller word die konfrontasie tussen die karakters in een nag voltrek. Die gebeure speel af in ’n inrigting.

Die lewe van vier pasiënte word onherroeplik verander met die koms van Dogoman. Een van hulle, Dirk Jooste, ken Dogoman en sy vermoë om mense se geloof uit te buit en kom in opstand teen hom. Met meesterlike manipulasie en vleitaal sweep Dogoman die ander teen Dirk Jooste op.

Wat dan ontvou, is ’n spanningsvolle sielkundige riller wat die stryd tussen goed en kwaad uitbeeld en die gehoor behoorlik laat regop sit.

Hierdie drama doen presies dit wat ’n drama moet doen – dit gryp aan die hart en skop in die maag.

Hierdie is een van die meesterwerke van die moderne Afrikaanse teater en is vandag nog net so aktueel soos wat dit 44 jaar gelede was.

* DEBUUT *

Met: André Roothman, Gerben Kamper, Deon Lotz, Duncan Johnson, Hein Poole, Francois Potgieter, Francois Jacobs & Riaan Visman

Regisseur: Albert Maritz

Teks: PG du Plessis
Stelontwerp en beligting: Gaerin Hauptfleisch en Albert Maritz

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 16 –
Tydsduur: 1 uur 40 minute
Kaartjies: R142
Plek: Nelspruit Stadsteater
Datum: Di 4 Jul 10:00, Wo 5 Jul 19:00, Do 6 Jul 10:00, Vr 7 Jul 19:00, Sa 8 Jul 09:00

innibos 2017


Die Nag van Legio

Die Nag van Legio


Die Nag van Legio


3

Lewer kommentaar

Leave a Reply