Die kykerspubliek het vasgenael gesit toe die TV-program uitgesaai is. Meeste mense kon nie glo wat hulle sien nie. Nog steeds, wêreldwyd, word reekse van The Real Housewives uitgesaai. Maar wie is nou eintlik die ware “real housewife”? Lizz Meiring skep so ’n fiktiewe karakter. Sy is die een wat haarself as die enigste ware voorbeeld van die glansgans-trop beskou. Jy gaan heerlik lag, kopskud en dalk net iets van jouself of ’n ander vrou na aan jou herken. Hier word oor alles en nog wat kommentaar gelewer en ook vlymskerp die draak gesteek met die era van “realiteits-TV-sterre”. Dis verrassend, eietyds, warmhartig en baie vermaaklik.
KKNK
Hoërskool Oudtshoorn-saal, Oudtshoorn
Afrikaans en Engels
Geen o. 13 OB
60 minute
DATUMS
28 Maart 2026, 11:00
29 Maart 2026, 19:30
30 Maart 2026, 13:00

