Liefde by die Dam is 10 jaar oud! Dié immergewilde fees -vernoem na Valiant Swart se liedjie met dieselfde titel – kry sedert 2016 groot aftrek in Johannesburg en Kaapstad. Derduisende feesgangers kom keer op keer terug om dié fees, wat met sy lekkergoed-hartjies en wêreldklas verhoog oor die jare `n fenomeen geword het, by te woon.

Emmarentia Dam is gereed vir `n enorme partytjie op Saterdag 18 April om hierdie groot mylpaal te vier.

Kom kuier saam met van ons land se coolste pop en alternatiewe klanke. Musieklegendes Mango Groove, Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties maak ons vir dekades reeds trots! Appel en Early B reik al vir jare die hoogtes in en Jack Parow en Robbie Wessels bring topklas humor en lekker vibes. Will Linley, aKING, Barto, Zoé en Twee is bekend vir hulle energieke en eiesoortige optredes. Dan is daar ook nog ‘n rits secret acts. Dis ‘n line-up vir die boeke!

Claire Johnston van Mango Groove sê: Dit is ons eerste Liefde by die Dam en dit is vir ons baie spesiaal om deel te wees van so ‘n geliefde fees se 10 jaar-verjaardag. Dit gaan ‘n wonderlike dag wees!”

Francois van Coke sê dat hy “al deel is van die meubels” by Liefde by die Dam. Van Coke het tot dusver by elk van die tien Johannesburg-konserte opgetree. Hy vertel: “Dit is altyd ‘n eer om deel te wees van Liefde se sterk, massiewe, uiteenlopende line-up.”

Pierre Greeff, hooforganiseerder en voorsanger van Die Heuwels Fantasties sê “Om Liefde by die Dam oor die jare te sien groei is `n onbeskryflike gevoel. Dit is ’n voorreg om hierdie ekstra Super Mega Bonanza verjaardag -show op die planke te sit. Daar is geen keer in hoe groot ons hiermee gaan nie. Ons pull al die stops!”

Kaartjieverkope vir hierdie ekstra Liefde verjaardag- konsert maak Donderdagoggend 26 Februarie 08h00 oop. Kry joune gou-gou! Liefde by die Dam is bekend daarvoor dat kaartjies blitsvinnig uitverkoop.

KAARTJIES:

Algemeen: R399.00

Kinders 3-12: R220.00

Kinders onder 3: Gratis

VIP: R2999.00 – Geniet die dag in styl met prioriteit toegang tot die feesgronde. Ontspan in die VIP-area met ‘n bietjie skaduwee, sitplekke en privaat toilette. Alle kos en alle drankies is ingesluit by die VIP kaartjie.

Kaartjies by Ticketmaster of www.liefdebydiedam.co.za

Liefde by die Dam
Liefde by die Dam

Lewer kommentaar

Leave a Reply