Die kykerspubliek het vasgenael gesit toe die TV program uitgesaai is . Meeste mense kon nie glo wat hulle sien nie. Maar wie is nou eintlik die ware – “real housewife ?”
In Die Real Housewife skep Lizz Meiring so ‘n fiktiewe karakter . Sy is die een wat haarself as die enigste ware voorbeeld van die glansgans trop beskou. In die splinternuwe solostuk deur Lizz Meiring , gaan jy heerlik lag, kopskud , en dalk net iets van jouself of ‘n ander vrou na aan jou, herken . Hier word oor alles en wat kommentaar gelewer en ook vlymskerp die draak gesteek met die era van “realiteits tv sterre”.
Dis verrassend, eietyds , warmhartig en baie vermaaklik.
Geskryf en opgevoer deur Lizz Meiring
Vervaardig deur Artist Warehouse
Met Lizz Meiring (Geen O/14) by Die Boer teater restaurant in Durbanville op 13 Mei om 20h30.
Kaartjies by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
