Die lewe is snaaks, mooi, kosbaar, onverstaanbaar en vreeslik.

Dit is die somer van 1973. Apartheid floreer, Eddie Barlow se krieketspan is besig om die Engelse op Nuweland op te dons, die Amerikaners begin noustrop trek teen die kommuniste in Viëtnam en in die Kaap is die elfjarige Marnus besig om te leer wat menswees en manwees beteken.

’n Skokkende ontdekking breek deur die oppervlak van die alledaagse om alles onherroeplik te verander. Vanaf daardie beslissende oomblik sal die reuk van appels bly kleef aan alles wat Marnus raak.

Gebaseer op Mark Behr se veelbekroonde roman wat beskryf word as ’n baken in die Afrikaanse letterkunde.

* Debuut *

Met: Gideon Lombard

Regie: Lara Bye

Teks: Verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman
Verwerking: Johann Smith
Klankontwerp: Gideon Lombard en Rudi Sadler
Beligtingsontwerp: Kosie Smit
Vervaardiger: Theatrerocket Productions

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 16 –
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R110
Plek: Griesselsaal, Oudtshoorn
Datum: 10 April 09:00; 11 April 18:30; 12 April 09:00; 13 April 18:30; 14 April 18:30; 15 April 15:00

KKNK 2017


Die reuk van appels

Die reuk van appels


4.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply