Freda is ’n oujongnooi-bloemiste van 50-plus met ’n klein besigheid.

’n Muwwerige klein perseel waar tyd stilgestaan het. Dit sien mens ook in haar keuse van blomme en haar rangskikkingstyl. Sy verkies om slegs bestellings via die internet en foon te hanteer. Nie juis ’n mense-mens nie.

Inderwaarheid is sy bleddie ongeskik, maar ’n amusante bitterbek met ’n skerp tong. ’n Vrou wat sommer hardop sê wat ander te ordentlik is om te uiter.

Maar daar is een duidelike en verskuilde rede vir haar agterdog en afkeuring van die mensdom, want ander verstaan nie haar geheime taal nie – die enigste taal wat vir haar sin maak, die enigste kommunikasie waarin sy veilig voel.

Dié taal is die geheime taal van blomme.

* Debuut *

Met: Lizz Meiring

Regie: Lizz Meiring

Vervaardiger: Artist Warehouse CC

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 14 –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R125
Plek: Laerskool Van Reedesaal, Oudtshoorn
Datum: 8 April 17:00; 9 April 13:00; 10 April 13:00; 11 April 09:00; 12 April 20:00; 13 April 17:00; 14 April 20:00

KKNK 2017


Geheime taal

Geheime taal


3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar