Jaco en Belarus (dis sy regte naam) is op pad. Die plan is ’n road trip van suid na noord net vir die manne.
Maar alles is nie meer so eenvoudig soos 20 jaar gelede nie. Dinge rafel vinnig uit as die twee hul verlore jeug probeer inhaal – met skreeusnaakse gevolge.
Dan wag daar boonop ’n verrassing wanneer die teëspoed hulle in die middel van nêrens, naby Trompsburg in die Vrystaat, tref.
* Debuut *
Met: Brendon Daniels en Waldemar Schultz
Regie en tegniese versorging: Gaerin Hauptfleisch
Vervaardiger: Stercus Produksies
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/12 jaar
Tydsduur: 1 uur 5 minute
Kaartjies: R130 | R150 by die deur
Plek: Drostdy Teater, Stellenbosch Datum: 1 Maart 12:30 | 2 Maart 15:30 | 3 Maart 10:00