Die Sanger, Die Pianis en Pandora se Doos

Johann Slabbert (Vonk Voort! en Nagboek) antwoord op ´n koerantadvertensie vir ´n “entertainer” in Café Olympus. ´n Musikale avontuur vol gode, hoere, gyminstrukteurs, drugdealers en ´n doos.

Vonk Voort! was die stuk wat in 2002 die Kanna losgeslaan het vir die Beste Bydrae tot Kabaret en Musiekteater, en verlede jaar het Kobus Burger, van die Beeld, Nagboek beskryf as die Kabaret van die fees.

Nou is Johann Slabbert, voorheen van die duo Vlam, terug met ´n splinternuwe kabaret, nl. Die Sanger, sy Pianis en Pandora se Doos.

Dit vertel van ´n koerantadvertensie op soek na ´n Entertainer vir Café Olympus, en wat gebeur wanneer ´n moedelose Sanger (Slabbert) en sy Pianis (Musiekregiseur Chris Van der Westhuizen), uit pure desperaatheid, daarop antwoord. Dit is ´n avontuur waarin antieke gode ´n moderne bestaan probeer voer as hoere, gyminstrukteurs en dwelmhandelaars, maar snags hul glorie herleef in die misteriese Café Olympus. Om van Pandora se doos nie te praat nie.

Dit is Afrikaanse musiek soos jy dit nog nooit gehoor het nie, met oorspronklike komposisies deur Slabbert en Chris van der Westhuizen se verwerkings wat wissel van kabaret tot jazz, lounge en ambient.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar